Die Ankole-bul Cumulus NANK 10-120 het die hoogste prys van R1 650 000 op die nasionale Ankole-veiling behaal. Op die foto is die verkoper, Daniel Naudé van Yonder Hill Wine Farm, Stellenbosch, saam met sy gesin, Caren, Benjamin en Ella, voor ’n foto van Cumulus. Foto: Charl van Rooyen
Die Ankole-bul Cumulus NANK 10-120 het die hoogste prys van R1 650 000 op die nasionale Ankole-veiling naby Bela-Bela in Limpopo behaal.
Mnr. Daniel Naudé van
Yonder Hill Wine Farm, Stellenbosch, was die verkoper. Die aanlynkoper se naam
is nie bekend gemaak nie.
Die veiling is op die
wildplaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa aangebied maar hy het nie die
veiling fisiek bygewoon nie.
'n Suid-Afrikaanse rekordprys
van R950 000 is vir 'n Ankole-vers van dr. Morné de la Rey van Brits betaal. Hy
het ook ’n nasionale rekordprys van R340 000 vir 'n dragtige vers ontvang. Die
kopers is nie bekend gemaak nie.
Die totale omset van die
veiling was R20,5 miljoen. Die veiling is deur Veilingswinkel aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.