By die ram en duurste ooi is, van links, mnre. Dave Harris en James Veitch (albei van BKB), Jan Grey (verkoper), Francois Wessels (koper van die ooi) van Standerton, Hendi-Hein Mathews (stoetbestuurder), Theuns Botha (Molatek) en Billy Lyons (afslaer).
Die finale uitverkoping van dr. Vos Grey se SA Vleismerino-stoetery Janvos op die plaas Brakfontein, Davel, het volgens die afslaer uitstekend verloop.
Die 31ste veiling was die laaste veiling omdat Grey verlede jaar oorlede is. Die duurste ram (1052 JVG) is vir R50 000 aan mnr. Ridwaan Moola van Amersfoort verkoop. Altesaam 59 ramme is vir gemiddeld R14 695 verkoop. Die duurste stoetooi (8251 JVG, dragtig met ‘n tweeling) is vir R19 500 verkoop. Altesaam 179 ooie is vir gemiddeld R7 609 verkoop. BKB Standerton het die veiling aangebied.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.