AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Honderde woon Boran-beestelersgenootskap se veiling by

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die duurste bul, JH 16-45, van R500 000. Foto: Verskaf
Die duurste bul, JH 16-45, van R500 000. Foto: Verskaf
Die Boran-beestelersgenootskap van Suid-Afrika het geskiedenis gemaak deur waarskynlik die grootste skare nog na ’n nasionale veiling te lok.

Mnr. Christopher Havenga, die rasadviseur, sê sowat 550 tot 600 belangstellendes het die afgelope nasionale veiling in die Afridome op Parys bygewoon.

Hy sê sowat 250 gaste was ook by die genootskap se dinee die vorige aand.

“Die genootskap het sy mikpunt bereik deur hoë gemiddelde pryse te behaal en nie om rekordpryse na te jaag nie.” 


Altesaam 97 beeste is aan 63 verkopers verkoop en altesaam R 9,649 miljoen is van die hand gesit.  “Ons doel was nie om rekordpryse na te jaag nie, maar hoë gemiddeldes te behaal. Die veiling is ook nie deur bekende telers en kopers oorheers nie.

“Deon Stegmann, oud-Springbokflank (2010-’11), is een van die telers wat nog nie ’n eie produksieveiling aanbied nie, maar wat met sy eerste deelname aan die nasionale veiling hoë pryse behaal het.” Volgens Havenga het die gehalte van die diere die deurslag gegee.

Die duurste bul was Blixem (JH 16-45) van mnr. Johan Henning van Marones-Borane by Alma in die Waterberg, waarvoor mnr. Ridwaan Moola van Heilbron en Vereeniging R500 000 opgedok het. Volgens Henning spog dié bul met uitstekende nageslag en saadproduksie.

Die duurste koei en kalf was Doc 16-02 van mnr. Dawood Docrat van die Aseel-stoetery, ook van Vereeniging, wat vir R300 000 aan me. Yolandie Botha en mnr. Danie Velthuysen van Iminathi Ranch buite Mookgophong verkoop is. Iminathi het ook die hoogste prys vir die vers STE 19-004 (R320 000) van Stegmann se Steggies-stoetery by  Cradock betaal. In 2021 het Botha en Velthuysen die bul BH16-76 Ronaldo vir R1 miljoen op die sewende produksieveiling van die Hurwitz-broers gekoop. Op dié veiling het hulle ook ’n rekordprys van R650 000 vir ’n koei (3-in-1), BH16-305 Kelly, dragtig en met haar kalf, betaal.

Die gemiddelde prys vir dragtige koeie op die nasionale veiling was R102 385 elk, 3-in-1-koeie R117 800, dragtige verse R101 703, bulle R148 357,  koeie met kalwers R85 357, en semenstrooitjies R7 000 elk.

Die veiling is deur Vleissentraal en aanlyn deur Meerkat aangebied, en mnr. Johan van der Nest was die afslaer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.55
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
979.10
-0.6%
Palladium
1,421.38
-0.1%
Goud
1,976.74
-0.9%
Silwer
23.15
+0.2%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot