
Net vroulike diere is verkoop. Die vers van die Up George-stoetery van mnr. Derick Ralfe van Wasbank in KwaZulu-Natal het die hoogste prys behaal. Die koper was mnr. Eloff Muller van Tamboraine-stoetery by Mosselbaai.
Muller het eers twee jaar gelede met Bonsmaras begin teel en is beter bekend as teler van Dohne-Merino-wolskape.
Hy het aan Landbouweekblad gesê die vers sal baie waarde tot sy jong stoetery toevoeg. Hy beskou die vers, LAR 20-0271, as fenotipies baie korrek. Sy beskik oor goeie teelwaardes van 119 vir geboortegemak, 116 vir speenkalfwaarde, 101 vir vrugbaarheid, 87 vir onderhoudswaarde, 111 vir koeiwaarde, 100 vir groeiwaarde en 109 vir karkaswaarde.
Mnr. Anton Vos, uitvoerende hoof van Vleissentraal, wat die veiling aangebied het, sê gegewe die moeilike ekonomiese toestande is hy baie tevrede met die pryse wat behaal is. Telers het onder meer R170 000 en R160 000 vir koeie betaal. Hy sê dit was ook verblydend om te sien hoeveel jong telers goeie pryse vir hul diere ontvang het.
Die afslaer was mnr. Mike Killassey.Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.