AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
8703
-87,00
CORN
31 Mrt
-
4445,8
-72,20
SOYA
31 Mrt
-
8071,2
-127,80
SUNS
31 Mrt
-
8700
-102,00
WEAT
31 Mrt
-
6605
-90,00
WMAZ
31 Mrt
-
3798
-55,00
YMAZ
31 Mrt
-
4012,8
-51,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Nuwe verkopers tops op Dohne Merino-veiling

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links staan mnr. Henry, me. Mari-Lena en mnre Stephan du Plessis (verkopers), Gert Jordaan, afslaer van BKB, Wynand du Toit (koper) van Suidplaas Dohnes, John Morris (koper) van Terra Vino Dohnes, en Jurie en Boeta (koper en hanteerder) Wessels van Weska Dohnes. Foto: Fredalette Uys
Van links staan mnr. Henry, me. Mari-Lena en mnre Stephan du Plessis (verkopers), Gert Jordaan, afslaer van BKB, Wynand du Toit (koper) van Suidplaas Dohnes, John Morris (koper) van Terra Vino Dohnes, en Jurie en Boeta (koper en hanteerder) Wessels van Weska Dohnes. Foto: Fredalette Uys
Nuwe toetreders, mnre. Henry en Stephan du Plessis van Kouga Dohnes-stoetery, se ram is vanjaar vir die topprys van R115 000 op die nasionale Dohne Merino-veiling verkoop.

Die veiling is vanjaar die eerste keer by die Botaniese Tuin by Graaff-Reinet in die Oos-Kaap aangebied.

Volgens mnr. Gert Jordaan, BKB se afslaer vir die veiling, het Kouga Dohnes baie eenvormige ramme op die veiling aangebied en is hulle daarvoor vergoed. “Dit is lekker om te sien dat nuwe verkopers goed presteer op die nasionale veiling. Ek is opgewonde om te sien wat hulle volgende jaar bring.”

Die ram is verkoop aan ’n groep telers, wat mnre. Boeta en Jurie Wessels van Weska Dohnes, Wynand du Toit van Suidplaas Dohnes en John Morris van Terra Vino Dohnes (Universiteit Stellenbosch) insluit.

Die tweede hoogste prys van R80 000 is betaal vir ’n ram van Twee Neefs Dohnes van mnre. Gawie van Zyl en Steyn Steenekamp, wat verkoop is aan mnr. Jaco Wessels van Kroonstad.

Altesaam 25 ramme is teen gemiddeld R29 480 op die veiling verkoop.

Volgens Jordaan het die veiling onder omstandighede redelik goed gedoen. “Ons weet die rammark in Suid-Afrika in geheel is vir die seisoen onder druk. Daar is vandag goeie ramme vir goeie pryse verkoop en ek sien dit steeds as ’n veiling waar kommersiële boere ook die geleentheid het om baie goeie teelmateriaal vir bekostigbare pryse te koop.”

Dr. Kobus Delport, bestuurder van Dohne Merinotelersgenootskap, het beaam dat dit ’n taamlike goeie veiling was in die lig van die huidige markomstandighede. “Die pryse was baie realisties in vergelyking met wat die mark vir ons voorspel het. Ons is baie tevrede, en ek dink die veiling was goed georganiseer.”

Die genootskap het die aand voor die veiling sy jaarlikse funksie aangebied, met mnr. Boeta Wessels van Weska Dohnes wat vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys is as die Dohne Merino’s se bobaasteler.

Mnr. Koos Vosloo, die genootskap se voorsitter, is aangewys as die Dohne Merino’s se persoonlikheid van die jaar.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.80
-0.0%
Rand - Pond
21.95
+0.6%
Rand - Euro
19.29
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
991.29
+1.1%
Palladium
1,465.87
-0.8%
Goud
1,969.32
-0.6%
Silwer
24.07
+0.7%
Brent-ruolie
79.27
+1.3%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Opsoek na iemand opreg...
Ek is n eerlike opregte persoon en is opsoek na daai spesiale persoon wat ook moeg is om alleen te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot