AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Rekord-slagveeveiling vir Suid-Kaapse feesseisoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Altesaam 10 109 diere is op die veiling aangebied, bestaande uit 564 C-graad skape, 8017 slaglammers, 747 C-graad slagbees en 781 A-graad slagbeeste. Foto: Verskaf
Altesaam 10 109 diere is op die veiling aangebied, bestaande uit 564 C-graad skape, 8017 slaglammers, 747 C-graad slagbees en 781 A-graad slagbeeste. Foto: Verskaf
’n Boer van Oudtshoorn het die rekordboeke herskryf toe hy op 19 November die grootste slagveeveiling nog in Suid-Afrika aangebied het.

Wat die veiling nog meer merkwaardig maak, is dat die veiling in die Wes-Kaap aangebied is, ver van die hoofslagtersmark in die noorde van Suid-Afrika.

Volgens mnr. Cornel Landman van Karoo Lusern naby Oudtshoorn, het hy vier jaar gelede besef die Suid-Kaapse mark kan nie voorsien in die vraag na slagvee tydens die feestyd nie en het besluit m die markgeleentheid met albei hande aan te gryp.

“Alle vee wat ons in die onmiddellike omgewing geproduseer word, word na die noorde vervoer om daar afgerond en geslag te word. Daarna word die karkasse weer terug na die Suid-Kaapse mark vervoer.”

Altesaam 10 109 diere is op die veiling aangebied, bestaande uit 564 graad C-skape, 8 017 slaglammers, 747 graad C-slagbeeste en 781 graad A-slagbeeste.

Al die vee vir twee tot vier maande is deur Karoo Lusern afgerond, ’n derde daarvan die boerdery se eie vee, en die res is hoofsaaklik aangekoop van boere in die onmiddellike omgewing.

“Ek glo daarin om plaaslik te ondersteun om sodoende die boere rondom ons aan te spoor om aan te hou om met vee te boer.”

Dit is Karoo Lusern se vierde slagveeveiling, maar vanjaar se slagveegetalle is bykans dubbel dié van 2021 se veiling. Die hoofkopers vir die veilings is die kommersiële slagtersmark in die Suid-, Wes- en Oos-Kaap.

Die grootte van die veiling en die gehalte van die vee verseker goeie koopkrag, sê Landman. Om mededingend te wees moet die slagtersmark groot vragte vee op ’n slag wegry.

Bo verwagting suksesvol

Landman sê hy het hoë verwagtinge vir die veiling gehad vanweë die groot aantal slaggereed vee, “bygesê, dit is nie speletjies om soveel vee gelyktydig in slagkondisie te kry nie”.

“Die veiling was bo verwagting suksesvol en ek is meer as tevrede met die pryse wat ons op die veiling behaal het.”

Hy sê die Karoo Lusernspan, saam met die veilings-en-bemarkingsafdeling van Klein Karoo Agri het hulleself goed van hul taak gekwyt om die veiling aan te bied en dat dit ’n plesier is om met so ’n geesdriftige en hardwerkende span mense saam te werk.

Landman is hoofsaaklik ’n lusernboer, maar moes weens droogtetoestande in Oudtshoorn sedert 2016 diversifiseer om meer geleenthede in die waardeketting te ontgin. Hy het sedertdien ’n voerkraal, slaghuis en ander afdelings bygevoeg.

Karoo Lusern
Van die top gehalte slagbeeste wat op die veiling aangebied is. Foto: Verskaf

Nuwe geleenthede

Landman glo die Suid-Kaap bied juis geleenthede omdat dit so ver van die slagmark in die noorde geleë is.

“In die afgelope 10 jaar het die verbruikersmark in die Suid- en Wes-Kaap eksponensieel uitgebrei vanweë inwoners wat van die noorde hierheen verhuis.”

Weens die hoë vervoerkoste en gepaardgaande verliese om vee na die noordelike dele te vervoer, betaal die eindverbruiker ’n hoër prys. Die boer se prys word dus onderdruk omdat die verbruiker nie die premie weens die hoër vervoerkoste wil betaal nie.

“Ek reken dit is voordeliger om die vee plaaslik af te rond, te slag en dan te verkoop om sodoende vir die boer ’n beter prys aan te bied en die verbruiker terselfdertyd tevrede te stel.”

Hy sê die provinsie kan nie byhou met die voorsiening van afgeronde vee aan die mark nie. Omdat die area ’n redelik goeie slagtersmark het, sal in die markaanvraag voorsien kan word mits voldoende vee gelewer kan word wat afgerond is.

Goeie pryse

Hy was ook beïndruk deur die pryse op die veiling. Weens die bek-en-klouseer-uitbrekings en die ooraanbod van graad A-beeste in die noorde is daar tans groot druk op graad A-slagbeespryse, maar pryse was 5% tot 10% bo die huidige markpryse. Slaglampryse was 15% bo die markpryse.

Pryse vir graad A-slagbeeste het by R36.46/kg gedraai en graad C-slagbeeste het gemiddeld van R26.80/kg en R30.48/kg  behaal. Die beste prys vir slaglammers was R52.50/kg maar het gemiddeld tussen R46.80/kg en R49.50/kg verkoop. Graad C-slagskape is vir R31.40/kg en R33.84/kg verkoop. verkoop.

Hy glo ’n slagveeveiling moet jaarliks aangebied word om in die markaanvraag in die omgewing te voorsien. Die grootte sal egter afhang van die Karoo Lusern se kapasiteit en markomstandighede. “Ek wag vir die dag dat water weer volop is in ons vallei, dan sal die veilingsgetalle beslis kan verdubbel.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buitelewe is ñ voorrreg, maar met die regte maatjie net beter
Opsommende woorde, avontuurlustig, see, berge, sin vir humor, bosveld, dans, braai, kuier, romanties, reis, werk, sport, alles wat lekker is, en vele meer.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot