AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Rekord vir vroulike Brahman verdubbel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
SER 19-32 het die nuwe nasionale rekord vir ’n vroulike Brahman behaal toe sy vir R1,2 miljoen by die Prima Genetika-veiling in Modimolle verkoop is. Sy is deur mnr. Marius de Beer (links) van Keerom Brahmane gekoop. By hom is me. Carla de Kock, kuddebestuurder vir Serfbred Brahmane, wat die verkoper was. FOTO: MARIEKE SNYMAN
SER 19-32 het die nuwe nasionale rekord vir ’n vroulike Brahman behaal toe sy vir R1,2 miljoen by die Prima Genetika-veiling in Modimolle verkoop is. Sy is deur mnr. Marius de Beer (links) van Keerom Brahmane gekoop. By hom is me. Carla de Kock, kuddebestuurder vir Serfbred Brahmane, wat die verkoper was. FOTO: MARIEKE SNYMAN
’n Rekordprys is Saterdag vir ’n vroulike Brahman betaal, wat die nasionale rekord byna verdubbel het.

“Al koop jy net een vroulike dier vandag, is dit hierdie een.” Só het mnr. Paul van Vuuren jr., afslaer vir André Kock & Seuns, met die bekendstelling van Lot 8 gesê. Met die toeslaan van die bod is ’n nuwe nasionale rekord vir ’n vroulike Brahman beklink. Die rekord is byna dubbel soveel as die vorige een.

Die dragtige koei, SER 19-32, is vir R1,2 miljoen opgeveil by die Prima Genetika-veiling, aangebied by Castle de Wild buite Modimolle, Limpopo, op Saterdag 19 November 2022. Die vorige rekord was R540 000 wat laas jaar by dieselfde veiling deur haar ma, SER 16-1, behaal is. Dié twee vroulike diere is albei deur mnr. Jan Serfontein van Serfbred Brahmane in Potchefstroom, Noordwes, verkoop.

Mnr. Marius de Beer van Keerom Brahmane in die distrik Dwaalboom het SER 19-32 gekoop.

“Ek het so ’n bietjie meer betaal was wat ek beplan het,” sê De Beer. Sy glimlag getuig egter daarvan dat dit vir hom die moeite werd was. “Sy het diepte en lengte, en is gedek is deur ’n uitstekende bul – SER 20-65.”

De Beer beplan om haar te spoel vir embrio’s. Vir hom is die feit dat dit ’n Serfbred Brahman is deurslaggewend vir die koop. “Ek het laas jaar by hierdie veiling ’n vers (SER 20-68) van hulle gekoop en sy het vir my ’n baie goeie bulkalf gegee.”

Me. Carla de Kock, kuddebestuurder vir Serfbred Brahmane, was meer as tevrede met die prys wat hulle gekry het. “Jy huil ’n bietjie as jy so bees verkoop, maar ons is beslis baie gelukkig. Ons wil ook graag met goeie teelmateriaal ’n bydrae tot ander kuddes maak.”

Sy voeg by dat daar min vroulike Brahmane is soos SER 19-32. “Sy is dragtig met teelmateriaal wat byna onbekombaar is in Suid-Afrika. Die bul SER 20-65 (Mr Blue Diamond) is geteel uit JDH Thor 380.”

Van Vuuren, wat die veiling behartig het, beskryf SER 19-32 as een van die beste vroulike diere beskikbaar. Hy sê dit is een redes waarom sy so ’n uitstekende prys behaal het. “Dít en ook omdat sy vir ’n spesifieke doel gekoop is.”

SER 19-32 se R1,2 miljoen was die hoogste prys op die dag. Die duurste bul, GPC 17-16, is vir R300 000 aan mnr. Joe Klopper van Jes-C Brahmane verkoop. Die verkoper was mnr. Gawie Coetzee van GPC Brahmane.

Mnr. Rohan Beukes, een van die organiseerders van die dag, sê meer as 220 mense het die veiling bygewoon teenoor laas jaar se sowat 180.

“Ons is baie tevrede met die opkoms en ook met die pryse wat behaal is. Dit was ’n realistiese veiling met goeie pryse vir gehalte diere.”

Veilingresultate:

Stoetbul: Hoogste bot: R300 000; gemiddelde: R147 000. 

Dragtige koei en kalf: Hoogste: R225 000; gemiddelde: R147 000. 

Koei en kalf: Hoogste R90 000; gemiddelde R54 400.

Dragtige vers/koei: Hoogste R1,2 miljoen; gemiddelde R165 000.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot