Vanjaar se landbouskou op Swellendam het weer eens alle verwagtinge oortref. 'n Groot hoogtepunt op die skou was die perdekompetisie. Hier trek 'n groep Vlaamse perde vir Hoffie van Blerk en Piet Lourens op 'n perdekar. Foto: Cathy van Eeden
Dié skou is vanjaar 191 jaar oud en is die oudste aaneenlopende landbouskou in die Suidelike Halfrond.
Dit word elke jaar op die derde oudste dorp in Suid-Afrika aangebied.
Volgens me. Suzaan Smith, voorsitter van die skou, was vanjaar se geleentheid een van die grootste en suksesvolste skoue nóg.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.