Met ’n omset van meer as R50 miljoen vir
89 lotte het Stud Game Breeders se jaarlikse wildveiling op die Zebula-landgoed
naby Bela-Bela gewys die wittebrood is dalk verby, maar wild is steeds ’n goeie
bedryf.
Die hoogste bod vir die dag was R8,4 miljoen op Sunrise, ’n buffelbul van Nyambu Wildlife. Hy is 5 jaar en 5 maande oud met ’n horingwydte van 51 duim.
Sunrise is ’n seun van Horison, ’n spogbuffel met ’n horingwydte van 556/8 duim wat uit die teelkampe van Lumarie-wildboerdery kom, ook ’n lid van die Stud Game Breeders-groep.