Dit kan voorsiening maak vir die behoeftes van vier tot 500 mense. Die oplossings sluit onder meer afvalwaterbehandelingsaanlegte, septiese en bewaringstenks, gryswateroplossings, sperders (vangers) vir sand, olie en vet, en gesofistikeerde rioolnetwerke in.
Septiese tenks bied ’n eenvoudige bestuursoplossing vir afvalwater, maar vereis geskikte grondtoestande sodat die gedeeltelik behandelde water vir verdere natuurlike suiwering in die omgewing kan wegsyfer.
Calcamite se septiese tenks kan gekombineer word met bioreaktors en sodoende funksioneer as afvalwaterbehandelingsaanlegte vir die verdere behandeling en herverbruik van afvalwater vir nie-drinkbare doeleindes.