Dié produk is veral geskik vir besproeiingslande waar verbrakking ’n wydverspreide probleem is. Mos Woema bevat Bacillus-bakterieë, amino- en fulviensuur en herstel die grondbalans deur sout te verwyder.
Dit werk in só ’n mate dat daar reeds in een seisoen beduidende verskille in die grond waargeneem word, soos bewys deur proewe wat in verskillende provinsies gedoen is.
Die middel bevat kalsium, koolstof en suurstof wat noodsaaklik is vir biologiese aktiwiteit in die grond. Volgens Van der Westhuizen is gips die tradisionele metode vir die behandeling van brak grond, maar dit bevat nie koolstof nie en los nie altyd die probleem op nie.