Met die Light Spectrum Management-stelsel is volle beheer van LED-ligte en -groeiligte moontlik. Die stelsel bied dempvermoëns van 0% tot 100% sonder dat die ligte sal flikker. Dit bied ook programmeerbare beligtingsprofiele, intensiteitverstellings en tydsbeheer.
LSMS is toegerus met verstelbare skemer-tot-dagbreekverstellings sodat die klant dit volgens sy of haar eie unieke vereistes kan aanpas. Met die stelsel kan nege onafhanklike groepe ligte beheer word. Elke groep kan ses aandrywers bevat, sodat altesaam 54 ligte beheer kan word.
Die aandrywers moet die vermoë hê om tot by nul te kan demp. Die stelsel is versoenbaar met verskeie beligtingseenhede en is nie tot groeiligte beperk nie. Die omhulsel is stofdig en bestand teen water uit ’n sproeikop. Die elektrisiteitsvereistes is 100-260 VAC 50 Hz en 0,2A Max teen 220 VAC.