Die veiligheidstoestel Bang-A-Lert is ontwerp om huisbewoners betyds te waarsku as hul eiendom betree word.
Terselfdertyd word die oortreders afgeskrik deur ’n harde knal wat vanuit ’n pistool afgevuur word. Die eenheid kan op heuphoogte aan ’n muur, boom of paal vasgesit word.
Dit word gelaai met ’n loskruitpatroon en ’n struikeldraad word dan gespan oor die opening, soos ’n ingang by hek, waardeur ’n betreder waarskynlik sal beweeg. Sodra die struikeldraad versteur word, sal ’n gelaaide slagpen die loskruitpatroon met ’n luide knal afvuur.