Agrotain®, ’n produk van Koch Agronomic Services in Kalifornië, Amerika, die Evergreen-produk van Hanfeng in Kanada, en ’n reeks stikstofprodukte van die Duitse maatskappy SKW Piesteritz, is urease-inhibeerders wat die vervlugtiging van stikstof vertraag.
Vervlugtiging vind gewoonlik plaas in toestande met hoë temperature en droë toestande en word deur hoë suurvlakke aangespoor. Wanneer baie stikstof toegedien word, verhoog dit die pH van die boonste grondlaag. Die produk veroorsaak dus self die versnelde vervlugtiging.
Botha en Pretorius het in 1988 bewys dat tot 61% van ammoniakverliese kan plaasvind waar ureum teen 83 kg stik- stof/ha grond met ’n kleipersentasie van 9,5 en ’n suurvlak van 7,9 (in water gemeet) toegedien is.