Die M4 is klein genoeg om in ’n broeksak te pas en het ’n sluitfunksie om te verseker jy skakel dit nie per ongeluk in jou sak aan nie.
Die ligstraal het vyf verskillende verstellings en daar is ook ’n SOS-funksie.
Verder het die flits ’n USB-C-poort sodat dit vinnig herlaai kan word, asook ’n aanwyser wat die batterysterkte toon.