AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Boere onseker oor nuwe Nasa-antenna op Matjiesfontein

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO: WILLEM VAN DER BERG
FOTO: WILLEM VAN DER BERG
Niemand weet presies wat die impak van die nuwe kommunikasie-antenna wat by Matjiesfontein in die Karoo opgerig gaan word, op die landbousektor gaan wees nie.

Mnr. Roelf Oelofse, ’n skaapboer net buite Laingsburg, sê boere in die distrik het nog net gehoor van die nuwe projek, maar weet nie genoeg om hulself daaroor uit te laat nie.

Die Amerikaanse ruimte-agentskap Nasa en die Suid-Afrikaanse nasionale ruimte-agentskap (Sansa) het onlangs hul vennootskap in maanverkenning hernu en ’n nuwe kommunikasie-grondstasie op Matjiesfontein geopen wat ’n groot rol daarin gaan speel om mense na die maan – en terug – te neem.

 “Ons weet nie watter implikasies dit op die gebied gaan hê en of dit dieselfde roete gaan loop as wat die SKA-radioteleskoop op Carnarvon in die Noord-Kaap gehad het nie.” Die teleskoop is in 2016 sowat 90 km buite Carnarvon opgerig en het onder meer streng radiogebruikre?ls ingestel wat soms boere in die omgewing se kommunikasie bemoeilik het.

Volgens mnr. PF Theron, distriksbestuursraadslid van Agri Wes-Kaap, kan inwoners optimisties voel oor die nuwe ontwikkeling op die dorp. Hy glo die grondstasie gaan toeriste na Matjiesfontein lok en dit gaan bydra tot ekonomiese groei sonder ’n nadelige effek op die landbou.

Mnr. Badri Younes, adjunkmede-administrateur vir Nasa se ruimtekommunikasie-en-navigasieprogram, het saam met Sansa-amptenare byeengekom om die terrein te open waar die nuwe kommunikasieantenna, Lunar Exploration Ground Sites (LEGS), op die dorp aangelê gaan word.

Matjiesfontein sal een van net drie plekke ter wêreld wees waar die LEGS-antennas van 18 m x 24 m opgerig sal word.

Die antennas sal ’n sleutelrol speel in die kommunikasie tussen Nasa se Artemis-ruimtetuig en ruimtevaarders wat op die maanoppervlak gaan werk.

Younes het gesê Matjiesfontein se ligging, sy unieke weerstoestande en sy bestaande infrastruktuur maak die dorp die ideale plek om die antenna te bou.

 “Ons kon regtig nie vir ’n beter plek op aarde gevra het as hier in Suid-Afrika nie.” 

Ses dekades gelede het Nasa en Suid-Afrika saamgewerk om die eerste maanlanding moontlik te maak. Suid-Afrika was in die 1960’s die tuiste van ’n grondopsporingstasie by Hartebeesthoek buite Johannesburg wat ’n sleutelrol gespeel het in Nasa se Apollo-sendings in daardie jare.

Die plan is voorlopig dat Artemis, genoem na Apollo se suster, eersdaags die eerste vrou én persoon van kleur op die maan sal laat land. Die tog sal dan ook die weg baan vir ruimtevaarders om langer op die maan deur te bring en sal ook die eerste stap wees om Mars te besoek. 

"Ons sien hierdie vennootskap as wedersyds voordelig," sê dr. Phil Mjwara, direkteur-generaal van die plaaslike departement van wetenskap en innovasie.

“Die Matjiesfontein-grondstasie sal die verhoogde vraag na Nasa se Deep Space Network, wat ’n wêreldwye netwerk van ruimtekommunikasiestasies insluit, verlig, wat Artemis in staat sal stel om sy doelwitte te bereik. Daarbenewens sal Suid-Afrika se wetenskaplikes hul kennis van sleutelkwessies vir ruimtevaardersgesondheid en -veiligheid kan uitbrei soos ruimtebestraling, veranderde swaartekragvelde, isolasie en inperking.

“Ons glo die projek – wat ’n kommunikasieantenna insluit en nie ’n radioteleskoop nie – gaan ons distrik nie ontwrig nie en sal ’n trekpleister wees wat mense na die dorp sal lok,” meen Theron. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.33
+0.7%
Rand - Pond
21.04
+1.2%
Rand - Euro
18.14
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.9%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,772.54
+0.2%
Silwer
22.21
-0.2%
Palladium
1,856.90
-1.1%
Platinum
990.50
-1.0%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,420
-0.2%
Alle aandele
74,557
-0.2%
Hulpbronne 10
73,980
-1.1%
Industriële 25
91,397
-0.1%
Finansiële 15
15,738
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot