Boorgate wat tot 300 m diep is en met driefase-wisselstroompompe toegerus is, kan ook met sonkrag aangedryf word.
Volgens mnr. John Dangoumou, verkoopsbestuurder by Cedar Solar, is enigiets moontlik as jy gehalte-komponente gebruik en die regte gereedskap vir ’n spesifieke doel aanwend.
“Wanneer installeerders nie gehalte-komponente gebruik nie, is die klant maar weer waar hy voorheen met Eskom was, naamlik onbetroubare voorsiening van krag en groot verliese.”