Omvattende data kan oorweldigend lyk, maar in die regte hande en met die regte ontledings kan dit ’n belangrike vangnet vir probleme, afwykings en bestuurskwessies bied.
“Die naald wat wys hoeveel brandstof daar nog in jou motor is, is ’n bron van data. Die moderne digitale aanwyser wat presies sê hoeveel kilometer jou motor nog met die beskikbare brandstof kan ry, is insig wat jou besluit baie maklik maak om dadelik of eers later brandstof in te gooi. Dit is presies hierdie tipe insig wat ons uit ’n boerdery of besigheid se data haal en in verbruikersvriendelike grafika beskikbaar stel.”
Só verduidelik mnr. Jandré Killian, ’n konsultant van RIC Consulting, hoe die maatskappy die Qlik-sagtewareplatform gebruik om die stories te vertel wat in besighede se data skuil.