Presisieboerderybeginsels in graanboerdery het net in die afgelope vyf jaar met rasse skrede toegeneem, met aanbevelings oor bemesting, kultivarseleksie en plantestand wat met meer as die helfte vermeerder het danksy toegang tot verskeie databronne.
Dit is ’n bevinding wat deur die Purdue-universiteit en Croplife se jaarlikse opname onder insetverskaffers in Amerika beaam word. Die grootste bevinding van die 2021-studie was dat insetverskaffers toenemend toegang het tot verskillende databronne van hul boere.
Die data word dan geïntegreer om aanbevelings te maak wat betref bemesting, kultivarseleksie en plantestand. Vanaf 2017 tot 2021 het die samevoeging van verskillende databronne vir bemestingsbesluite van 40% tot 87% toegeneem, kultivarseleksie van 39% tot 81%, en plantestand van 30% tot 78%.