Die beskikbaarheid van bruikbare vars water is een van die belangrikste beperkende faktore vir die Suid-Afrikaanse landboubedryf. Suid-Afrika ervaar van jaar tot jaar en binne seisoene groot wisselvalligheid in varswatervoorsiening.
Plaasdamme is dus ’n noodsaaklike waterbron vir landboubedrywighede omdat dit die gaping tussen lae- en hoëvloeitydperkte oorbrug deur ’n doeltreffende manier vir die opgaar van water te verskaf.
Ongelukkig is plaasdamme geneig tot voedingstofbesoedeling, wat tot swak watergehalte lei. Verhoogde voedingstofvlakke lei tot oormatige alggroei, wat weer die vrystelling van skadelike gifstowwe kan veroorsaak.