Mnr. Jannie Pretorius van Our Fynbos Homestead, ’n klein boerdery naby Albertinia in die Wes-Kaap, het ses van Nemtek se elektriese nette aangekoop en gebruik dit met groot vrug.
“Ons het redelik probleme met roofdiere, wat dit moeilik maak om klein- en pluimvee aan te hou. Met dié doeltreffende beskerming het ons nou selfs vier skaapooie met lammers en ’n ram.”
Die nette is toegerus met swaardienspale met ’n twee-tandstaalvoetstuk wat in die grond ingetrap word. Die skaapnet is 50 m lank en 1,08 m hoog. Die hoendernet is 50 m lank en 1,12 m hoog. Die skaapnet bestaan uit nege horisontale polidrade waarvan agt geëlektrifiseer is.