
Mzansi Meat, ’n plaaslike onderneming wat daarop gemik is om gesonder, omgewingsvriendeliker vleis te vervaardig wat net so lekker soos vleis wat van ’n plaas af kom, se gekweekte beesburger-frikkadel is ’n eerste in Afrika – ’n vasteland wat nog altyd ’n goeie aptyt vir vleis gehad het.
Om te frikkadel te vervaardig, word weefselselle verwyder van diere by Mzansi Meat se veilige hawe vir plaasdiere. Sodra die selle geoes is, word ’n monster na Mzansi Meat se laboratorium geneem waar die selle geïsoleer en in ’n kweekmedium gegroei word wat al die vitamiene, soute en proteïene bevat wat die selle nodig het om te ontwikkel en onderverdeel.
Wanneer daar genoeg selle is, word hulle op ’n eetbare struktuur geplaas en nadat geurmiddels bygevoeg is, is die gekweekte vleis gereed.
Die maatskappy gebruik ’n laboratorium van BioCiti, wat in 2019 deur die Kaapse innovasie-en-tegnologie-inisiatief op die been gebring is, om die vleis te kweek. Mzansi Meat hoop om in die toekoms tonne vleis per maand te kweek.