Voor die covid-19-pandemie was die wynbedryf só verstok met ou tegnologie dat mnr. Paul Mabray, uitvoerende hoof van Pix in Amerika, bekommerd geraak het die bedryf staar digitale Darwinisme in die gesig.
“Vreemd genoeg, dit was hierdie swart swaan, die covid-19-tragedie, wat aan ons ’n kans gegee het om vooruit te gaan. Die geskiedkundige bedryf is in die toekoms in gewerp.
Die een oomblik was baie van ons nog op perdekarre en moes ons vinnig leer motor bestuur, en die volgende oomblik moes ons stralers vlieg,” het hy op die wyntoerismekonferensie op Boschendal by Franschhoek gesê.