Die ontwerp van die lugvervoerstelsel – uniek aan Hippo-hamermeule – is drasties verander sodat al dié meule wat van 2023 af verkoop word, stofvry bedryf kan word. Dit is danksy negatiewe druk met ’n unieke meganiese gravitasiedrukklep.
In die min gevalle waar besonder ligte materiaal gemaal word, kan dit nodig wees om ’n elektries gedrewe roteerklep te gebruik. Die beste nuus is dat die prys van alle modelle nie hierdeur beïnvloed word nie, buiten as die elektriese roteerklep gebruik moet word.
Die uitwerking van stofvrye maal beteken nie net ’n baie gesonder werkplek nie, maar ook ’n drastiese vermindering van produkverlies. Die nuwe DF-modelle kan nou bestel word vir die Hippo Baby, model 1, model 1½, die modelle 47, 57 en 69, asook die L63, en Mammoth wat reeds ’n paar jaar gelede op aanvraag met negatiewe druk gebou is.