Die gereedskapsmaatskappy Black & Decker het pas een bekend gestel wat met ’n 600 W-motor werk en ’n groot opvangbak het. Dit het ’n harkwydte van 30 cm en kan gestel word om jou grasperk op drie verskillende hoogtes te hark.
Dit is ook ideaal vir mense wat klaar rolgrassnyers het wat nie opvangbakke het om gesnyde gras op te tel nie. Die hark kom standaard met ’n 10 m-koord.
Jy kan ook ’n verlengingskoord daarmee saam bestel, maar onthou dat die hark nie tydens beurtkrag werk nie.