Die DAG-reeks is een van LA Sport 4WD Megastores se veldrybykomstighede. ’n Interessante toevoeging is die DAG-multikleur LED-kopligvervangingsglaskap (globe) waarmee jy die kleur van jou koplig met ’n eenvoudige skakelaar kan verander van 6 000 K tot 4 300 K tot 3 000 K volgens jou keuse of die toestande.
Die monteerstel kan eenvoudig ingeprop en aangeskakel word. Die ligsterkte is 8 000 lumen en benodig 36 watt.
Prys: R1 199