AFGRI
BEAN
07 Des
-
9386
36,00
CORN
07 Des
-
4398
-51,00
SOYA
07 Des
-
9034
-10,00
SUNS
07 Des
-
10415
-85,00
WEAT
07 Des
-
6657
3,00
WMAZ
07 Des
-
4820,2
-29,80
YMAZ
07 Des
-
4750
10,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Hernieubare energie: Jy’t ’n plan B nodig, sê kenner

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Carien Kruger
Foto: Carien Kruger
Die son skyn nie altyd nie en die wind waai nie altyd nie. Daarom het hernieubare energie ’n plan B nodig.

Terwyl die Suid-Afrikaanse regering skarrel om nog diesel te bekom sodat Eskom die land se ligte met peperduur dieselkragopwekking aan kan hou, wek Mosambiek betreklik goedkoop elektrisiteit op met gasturbines wat in so min as twee jaar gebou kan word. Só het mnr. Johan de Vos, energiekenner en voorsitter van Gigajoule International, op Landbouweekblad se Gee my Krag!-webinaar oor energie-oplossings gesê.

Van 2014 tot 2017 is vier gasaangedrewe kragsentrales in Mosambiek gebou. De Vos het gesê hoewel die klem tans op hernieubare energie is, kan gasaanlegte vinnig gebou word. Gas is ’n goeie energiebron om die onbestendigheid van wind- en sonkrag uit te balanseer.

Hy het gesê Suid-Afrika kan baat vind deur by sy bure aan te klop vir hulp met sy energiekrisis. Daar is reeds twee kraglyne wat sowat 1 500 MW elektrisiteit van Cahorra Bassa se hidroëlektrisiteitaanleg af na Suid-Afrika bring en daar kan nog 3 500 MW vir Suid-Afrika opgewek word. “Hidro-aanlegte duur ongelukkig bietjie langer as gasaanlegte om te bou, maar selfs Eskom sal erken dat die krag van Cahorra Bassa ons goedkoopste is.”

’n Gaspyplyn wat in 2004 van Mosambiek na Suid-Afrika gebou is, bring reeds groot hoeveelhede energie van die gasvelde van Pande en Temane oor meer as 800 km na Suid-Afrika se Sasol-aanleg. ’n Gasreserwe wat onlangs in die noorde van Mosambiek ontdek is, kan die grootste ter wêreld wees, het De Vos gesê. Hy meen daarom die oplossing vir Suid-Afrika se energieprobleme lê in ’n streeks-georiënteerde benadering.

Landbougrond

Buiten dat die wind nie altyd waai en die son nie altyd skyn nie, het De Vos gesê Suid-Afrika betaal reeds ’n duur prys in landbougrond vir sy opwekking. Om Eskom se teikens uit hernieubare energie te bereik gaan meer as ’n miljoen hektaar se grond verg.

“Ons het die afgelope 100 jaar reeds 330 000 ha van ons beste landbougrond opgeoffer om steenkool te myn en te gebruik en na beraming gaan nog 450 000 ha deur steenkoolenergie geraak word. Om die energieplan se wind- en sonplase te bou gaan nog ’n miljoen hektaar in beslag neem,” het hy gesê. “Dan moet die transmissielyne nog gebou word.”

Mnr. Monde Bala, Eskom se hoof van elektrisiteitverspreiding, het gesê dit is juis om dié rede dat Eskom nou sy grond in die ou steenkoolvelde van Mpumalanga vir private instellings aanbied om hernieubare energie op te wek.

“Daardie gebied is die kern van ons kragnetwerk. Al die infrastruktuur vir elektrisiteitverspreiding is reeds daar.”

Deur hernieubare energie op te wek op grond wat reeds deur steenkoolenergie afgetakel is, beperk Eskom die vergroting van sy energiespoor en word nuwe werksgeleenthede geskep in dieselfde gebied waar mense wat in die steenkoolenergiesektor werk, dit binnekort nodig gaan hê.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.17
+0.9%
Rand - Pond
20.93
+0.5%
Rand - Euro
18.04
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,781.64
+0.6%
Silwer
22.63
+2.0%
Palladium
1,845.50
-0.3%
Platinum
1,004.50
+1.4%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Kom ons kyk wat wag
Ek is opreg met n goeie hart maar kan lekker Hardkoppig wees. Ek aan vaar ook iemand nes hulle is moet nooit iemand verander nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot