Só het mnr. Andries van Tonder van AECI Plantgesondheid op die onlangse Fresh Solutions-byeenkoms van die internasionale varsproduktevereniging (IFPA) gesê.
“Deur masjienleertegnologie word duisende foto’s van ’n gesonde blaar van ’n spesifieke gewas in die stelsel gevoer. Wanneer die stelsel dan weet hoe ’n gesonde blaar lyk, begin ons meer as 10 000 foto’s invoer van byvoorbeeld vroeëroes, en dieselfde vir elke siekte of plaag wat daardie plant bedreig.”
Daarna gebruik Agroscout hommeltuig- en kamerategnologie wat van die rak gekoop kan word om landerye en boorde van hoek tot kant te verken volgens vooraf geprogrammeerde vlugplanne.