Dit is gedoen deur 15 demonstrasieproewe op die been te bring en 48 veldskooldae in 11 Suid-Afrikaanse suikerrietproduserende gebiede aan te bied danksy finansiering uit die bedryf.
Die laaste daarvan was in Julie by Nonoti in KwaZulu-Natal, sê dr. Riekert van Heerden, ’n senior navorser by Sasri gemoeid met die bestuur van suikerrietgehalte.
Chemiese rypmaking word reeds sedert die 1970’s suksesvol deur kommersiële boere gebruik om veral in die vinnige somergroeifase die suikerinhoud van riet ’n hupstoot te gee.