Dié onderneming se nuwe koelboks – wat deur middel van ’n handpomp ’n vakuum in die koelboks skep om jou drinkgoed of vleis en vars produkte vir langer koud en vars te hou – is beslis ’n nuutjie. Volgens die vervaardiger sal eet- en drinkgoed tot 20% langer koud bly.
Die reeks bestaan uit ’n 20 liter- en 50 liter-koelboks wat vergesel word deur ’n handpomp. Die koelbokse is sterk en seël behoorlik om ’n vakuum te vorm.
Dit is die perfekte oplossing vir daardie uitstappies waar jy nie noodwendig elektrisiteit gaan hê nie. Die 50 liter-koelboks het ordentlike handvatsels aan albei kante, wiele van ’n hoë gehalte aan die een kant en ’n stewige handvatsel aan die ander kant wat dit baie maklik maak om rond te trek sonder om te hard te werk.