’n Sakpasgrootte infrarooikamera wat spesiaal vir brandbestryders ontwerp is, die Bullard TXS Thermal Imager, is onlangs deur Vanguard, ’n Suid-Afrikaanse verspreider van brandbestrydingstoerusting, bekend gestel.
Daarmee kan ’n brandbestryder beter bepaal waar mense of voorwerpe in ’n brandende omgewing hulle bevind. Die doel is om dit bykomend tot gevorderder infrarooitoerusting te gebruik. Omdat dit draagbaar is, kan brandbestryders in gevaarlike situasies vinnig besluite neem.
Die produk van 730 g is lig en pas in die handpalm. Dit kan danksy die termiese tegnologie bepaal wat die temperatuur in verskillende dele van die brand is. Die kamera is ook nuttig wanneer voorwerpe in pikdonkerte raakgesien moet word.