’n Nuwe groep gemik op die gebruik van kunsmatige intelligensie (AI) en die sogenoemde internet-van-dinge (IoT) binne die digitale landbousektor is deur die Internasionale Telekommunikasie-unie (ITU) gestig.
Dit wil hoër standaarde nastreef. “Dit is die begin van ’n globale poging om wêreldwyd billike toegang te verseker tot nuwe opsies wat binne die landbousektor ontwikkel word danksy vordering met digitale tegnologie,” sê mnr. Houlin Zhao, sekretaris-generaal van die IUT.
Daar word met die Verenigde Nasies se Voedsel-en-landbou-organisasie saamgewerk. Daar word gehoop om vooruitgang te ondersteun in aspekte soos presisielandbou, die monitor en bestuur van beeste oor ’n afstand, kweekhuis- outomatisering en landbou-robotika.