Suid-Afrikaanse boere kan die toepassing gratis op hul slimfoon laai en gebruik om probleme in die veld te identifiseer en te dokumenteer.
“Met die inligting kan praktiese probleme meer presies geïdentifiseer en besluite vinniger geneem word oor die geskikte behandeling,” sê mnr. André Pretorius, bemarkingsbestuurder van BASF Suid-Afrika.
Die toepassing gee gebruikers toegang tot vinnige en akkurate identifikasie van belangrike onkruid of siektes wat probleme veroorsaak by bekende gewasse soos graan, mielies, sojabone en sitrus.