Die AC AFRIC 3.2 kW is die grootste omsetter-kragopwekker in die reeks en lewer 12 V teen 8,3 ampère. Dit is ’n nuwegeslag-opwekker met tegnologie wat dit geskik maak vir kraggevoelige elektriese toestelle soos televisiestelle, klankopnemers en mediese toerusting.
Die opwekker is ook heelwat stiller as gewone opwekkers. Met ’n geraasvlak van 65 desibel maak dit minder geraas as die meeste stofsuiers. Dit het ook isolering wat die geraas tot die minimum beperk.
Die opwekker het ’n digitale skerm, twee volgrootte proppe en twee USB-poorte. Die kompakte toestel van 45 kg kan maklik van plek tot plek verskuif word danksy ’n ingeboude handvatsel en duursame plastiekwieletjies.