Bundu Power, ’n maatskappy wat spesialiseer in alternatiewe energieprodukte, het ’n oplossing met ’n swembadpomp (48 V, 370 W) wat met sonpanele werk. Die wisselspoedpomp gebruik nie ’n battery nie, maar skakel self aan wanneer die son op die sonpanele skyn en sirkuleer dan 13 m³ per uur.
Dit is perfek vir ’n swembad van minder as 39 000 liter. Groter eenhede is ook beskikbaar. Die SP-JP13-13/500 gaan dus heeldag werk en is getoets met meeste swembadskoonmakers. Die Kreepy Krauly behoort sonder probleme aan te hou werk net soos met jou ou elektriese pomp.
Die sonkragpomp word net soos enige ander swembadpomp aan jou filterstelsel gekoppel. Vir ’n pakket wat die pomp, twee sonpanele en ander noodsaaklike toerusting insluit, kan Bundu Power ’n kwotasie verskaf. Die maatskappy doen nie installering nie en kopers moet reëlings tref vir aflewering.