Hoeveel keer draai ’n mens draadjies so tussen die duim en voorvinger aanmekaar vas en rol dit toe met isolasieband, terwyl jy voor jou siel weet jy moet daai las eintlik soldeer?
As dit nie so ’n beslommernis was om die soldeerbout en soldeerdraad te gaan soek vir een draadlas nie, sou daar waarskynlik baie minder elektriese foute op voertuie, gereedskap en huishoudelike toerusting wees.
Nou kry ’n mens egter nuwe kabellasbuisies met ingeboude soldeersel wat jy met hitte oor jou lasplekke krimp vir ’n netjieser las as wat jy met jou soldeerboud en isolasieband kan maak.