Roto Tanks bied ’n waterdrinkbakreeks wat gebruik kan word vir die verskillende groottes vee op jou plaas, van ’n 75 liter-opsie vir lammers of duikers, tot 7 000 liter-opsies vir beeste of elande.
Die waterbakke word vervaardig van hoëgehalte-plastiek wat dit liggewig en beweegbaar maak wanneer dit leeg is sodat hulle maklik na ander plekke verskuif kan word.
Die drinkbakreeks het ’n dubbelwandstelsel wat met water gevul word sodra die bak vol loop, wat help met temperatuurregulering.