AFGRI
BEAN
18 Me
-
9880
96,00
CORN
18 Me
-
4851,2
-50,80
SOYA
18 Me
-
9176,8
32,80
SUNS
18 Me
-
10580
56,00
WEAT
18 Me
-
8269,8
79,80
WMAZ
18 Me
-
4706
-4,00
YMAZ
18 Me
-
4820
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66

'n Robot wat skape kan skeer . . .

akkreditasie
Dr. Hugh Nivison. Foto: Charl van Rooyen
Dr. Hugh Nivison. Foto: Charl van Rooyen
Opwindende nuwe ontwikkelings lê vir die wolbedryf voor, soos ’n robot wat skape kan skeer! Die ideale skeerskuur is reeds ontwerp om handskeerders se werk doeltreffender te maak.

Wolboere moet die jongste tegnologie in die wolbedryf benut om hul boerderye winsgewender en doeltreffender te maak, het dr. Hugh Nivison, besturende direkteur van die navorsingseenheid vir landboubesigheid (ABRI/Breedplan), op die vorige Aldam-veeskool naby Ventersburg gesê.

Nivison het oor nuwe tegnologie vir die wolbedryf uit ’n Australiese perspektief gepraat. Hy het gesê daar is nuwe tegnologie wat wolskaapboerdery doeltreffender maak, maar drie beginsels sal altyd vas bly staan:

  • Grond + reën + son = weiding.
  • Weiding + wolskape = vesel en vleis.
  • Wins = inkomste – uitgawes.

Die wolskaapboer moet dié beginsels altyd regkry deur vir gesonde grond, goeie weiding en gelukkige, produktiewe diere te sorg. Hier geld die 80:20-reël. Doen die basiese dinge reg (die 80-gedeelte); dan sal die boerdery op die voorpunt (20) bly, anders is die boerdery op die afdraande pad. Nivison het verwys na ’n ooiprojek waar die beginsels toegepas is, en die ooie 15% méér lammers gehad het, die veldbelading met 15% verhoog is en die ooivrektesyfer met 50% gedaal het.

Dit is nét so belangrik om by vlieë, luise en wurms teen weerstand teen dieregesondheidsmiddels te waak. Pas ook goeie voedingsbestuur regdeur die ooi se lewe toe en kies die regte teelmateriaal om lewenslange produktiwiteit te verseker. Doeltreffende skeerskuur.

Die prototipe van die skaapskeerrobot wat in Australië ontwerp word. Die robot skeer tans nog net ’n model van ’n wolskaap (en ook stadiger as ’n mens). Foto: Verskaf

Arbeid is ’n groot kwessie, veral in die skeerskuur waar harde werk onder groot druk uitgevoer word. Omdat skaapskeerders minder raak en die oorblywende skeerders meer skape moet skeer, raak die ontwerp van ’n skeerskuur belangrik sodat die skeerders hul taak so vinnig en doeltreffend moontlik kan uitvoer.

AWI het saam met boere, skeerders en ander betrokkenes navorsing oor verskillende ontwerpe gedoen en ’n prototipe van die ideale skeerskuur gebou. Die grootte van skeerplekke en die ligging van skeerapparaat is uiters belangrik. ’n Verskil van sentimeters in die plasing kan ’n groot verskil in doeltreffendheid beteken.

Nivison het gesê die planne vir die ideale skeerskuur kan gratis afgelaai word by www.wool.com/sheddesign. Hy het gesê in Australië bou talle boere nou nuwe skeerskure, wat op vertroue in die wolbedryf dui. Robot skeer skape. ’n Manier om die tekort aan skaapskeerders in die toekoms te oorbrug, is met robotte wat die skeerwerk doen.

Die AWI ontwerp só ’n robot met die samewerking van die sentrum vir outonome stelsels van die universiteit van tegnologie in Sydney. Beroepskeerders en ander kenners in die wolbedryf is ook geraadpleeg.

Die prototipe is duur en kan nie so vinnig soos ’n mens skeer nie. Die robot skeer tans ook nie lewende skape nie, maar ’n model van ’n wolskaap. Nivison het gesê hy verwag nie teenkanting van handskeerders nie in die lig van die groei van die Australiese wolbedryf en die daling in die aantal skeerders.

Nuwe produkte

Moderne klerereekse speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die wolbedryf. “Baie mense beskou wolklere steeds as jeukerig met ’n slegte reuk. Die waarheid is dat wol uniek is en ’n geleentheid bied om markte te betree waartoe hulle voorheen nie toegang gehad het nie.”

Nuwe klere wat van Merinowol gemaak is, is veerlig en gemaklik. Nivison het gesê die pad vorentoe vir die wolbedryf is dus om produktief met wolskape te boer, die wol doeltreffend te skeer en die vraag na wolklere te stimuleer.

Navrae: Dr. Hugh Nivison, hugh.nivison@abri.une.edu.au
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.97
-0.3%
Rand - Pond
19.77
+0.5%
Rand - Euro
16.79
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.19
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,815.59
+0.0%
Silwer
21.64
+0.0%
Palladium
2,092.50
+1.8%
Platinum
962.00
+0.6%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
63,075
+0.1%
Alle aandele
69,782
+0.1%
Hulpbronne 10
72,710
-0.1%
Industriële 25
77,834
+0.1%
Finansiële 15
15,986
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is wat jy sien net ek.
Ek sien net die mooi in mense en in die lewe raak. Ek kannie kwaad bly vir iemand nie want die lewe is te kort. Wie ooit my hand vat, los ek dit nie maklik nie. Ek lewe vir...
Gee my n PLEISTER vir my siel....
Gelukkig op die plaas en perde. ek Kan my eie band ruil en self gate boor. Hou van Lees Meer as TV kyk
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot