Danksy Bayer se nuwe Testing4Ag-platform kry navorsers wêreldwyd die kans om nuwe idees en chemiese kombinasies vir die bekamping van swamsiektes, insekplae en onkruid aan die maatskappy voor te lê vir toetsing.
Hulle het tot 31 Maart tyd daarvoor. Luidens ’n verklaring sal die navorsers en instellings hul intellektuele regte behou. Testing4Ag word met die samewerking van Halo bedryf.
“Dié inisiatief maak dit vir navorsers moontlik om hul relevante deurbrake, uitvindsels en navorsing aan die maatskappy voor te lê sodat die moontlike gebruik daarvan in die landboubedryf ondersoek kan word.