Verskillende soorte gewasse en kultivars verskil wat hul behoeftes en weerstandigheid vir veranderinge in die grondsoort, die waterhouvermoë van die verskillende grondsoorte, die gronddiepte en beperkende lae, en die grondstruktuur betref.
Daarom kan die gebruik van GPS-gebaseerde grondvoedingstofontleding en kartering, en die interpretasie daarvan, inligting verskaf om ingeligte bestuursbesluite te neem om die grond se voedingstofstatus reg te stel en te verbeter.
Uiteindelik gaan dit ook ’n invloed op die gewas- en kultivarkeuse hê om die potensiaal van die beskikbare grond te ontsluit. Mnr. Marnus Ferreira, landboukundige van die landboutegnologiemaatskappy AgriTechnovation, sê met dié tegnologie kan boere alle lande op hul plaas karteer vir groter insig oor produksie.