Die werktuig kan op verskeie toerusting, soos skoffels of rollers, gepas word. Twee of drie Turbo Jets kan saam gebruik word om gelyktydig saad, kunsmis of slakkorrels toe te dien deur een beheerstelsel te gebruik.
Die TurboJet is 12V-aangedrewe. Die werkwydte is tot 10 m deur 10 uitlate, en kan tot 20 aangepas word deur ’n Y-konneksie te gebruik. Dit kan saad en korrelmateriaal van 1 kg/ha tot 100 kg/ha plaas.
Die saad en korrelmateriaal word deur twee hoëkapasiteit-, borsellose waaiers gevoer en afgemeet deur rollers wat vir verskeie soorte materiaal beskikbaar is. Drie elektriese beheerstelsels is beskikbaar.