Die InteliGro-CropWatch-platform verwerk plaasdata in visuele verslae waarmee boere beter en vinniger besluite kan neem. Die gebruikersvriendelike platform bring moniteringsdata, inligting oor grond, blare en opbrengs, spuitinstruksies, satellietbeelde en meer in ’n enkele stelsel byeen.
Die resultaat is ’n bykans regstreekse oorsig van die status van gewasse en lande, asook insig in historiese patrone. Dié inligting help boere om dringende kwessies, soos plaaginfestasies, vinnig en presies aan te pak, en om plaasbeplanning en -bestuur te vergemaklik.
Mnr. Roedolf Nieuwenhuis, stigter en besturende direkteur van CropWatch Africa, sê die platform is met boere se insette ontwikkel.