Jy kan die PrysWys-toepassing gratis aflaai om kwotasies te versoek. PrysWys se span spoor dan die beste moontlike prys op deur gebruik te maak van ’n netwerk van verskaffers reg oor Suid-Afrika. Daar is ook ’n opsie om jou insette van ’n spesifieke verskaffer aan te vra.
SwiftVEE, ’n aanlyn veeveilingsplatform, het die PrysWys-toepassing bekend gestel ná hy ’n gaping in die plaas-tot-vurk-naspeurbaarheid in Suid-Afrika se produksiesiklus raakgesien het.
Met die digitalisering van die landbousektor in Suid-Afrika is dit belangrik dat alle aspekte daarvan, ook die gerief van tegnologiese vooruitgang, aandag geniet. Die aankoop van produksie-insette is geen uitsondering nie. Die platform bied die boer insette teen die beste prys en bied verskaffers ’n groter poel kopers.