Een eenheid word by die pompstasie aangebring en tot sewe bykomende eenhede kan langs die besproeiingstelsel in die veld aangebring word.
Indien ’n afwyking in die waterdruk by enige radio-eenheid aangeteken word, dalk as gevolg van wisselende terrein in die gewas- of weidingsland, sal dit ’n boodskap aan die pompstasie-eenheid stuur om die pomp se veranderlike spoedaandrywing dienooreenkomstig aan te pas.
Buiten dat dit deurlopende watertoevoer verseker, reguleer dit ook sodat ’n pomp nie maksimum krag gebruik wanneer minder krag op ’n spesifieke tydstip voldoende sal wees nie. As die besproeiingstelsel vasgehaak het, skakel die FieldNET Waterman Radio- stelsel die pomp outomaties af.