Boeremeisies leer egter van jongs af om mans kwaai aan te gluur wat hul hande aan hul hemde of broeke afvee nadat hulle die braaivleis omgedraai het. Daarom het senuweeagtige stadsjapies slim goed – soos braaitange en -vurke ontwerp – om vrede op die plaaswerf te bewerkstellig.
Met ’n lekker voorskoot vol sakke vir jou knipmes, die soutpot en dalk ’n botteltjie bier, kan jy lekker braai nes jou pa jou geleer het – sonder ’n tang.
Nature Hike se katoen- en leervoorskoot kan egter ook nuttig te pas kom in die werkwinkel, waar die leer ’n mens se klere teen vonke van die sweismasjien of slypwiel beskerm, of by die slagplek in die jagtyd.