AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Regulering van teeltegnieke ‘maak innovasie dood’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die Suid-Afrikaanse regering klou hardnekkig vas aan sy besluit om produkte deur nuwe teeltegnieke as geneties gemodifiseerde produkte (GMO’s) te reguleer.

Terwyl minstens 26 lande al bekend gemaak het dat hulle nie nuwe teeltegnieke soos genoomredigering (CrispR) onder dieselfde streng regulasies as vir GMO’s onderwerp nie, klou Suid-Afrika vas aan sy besluit om dit wel te doen. 

Dr. Hennie Groenewald, uitvoerende hoof van Bioveiligheid Suid-Afrika, het op die Africa Agri Tech-konferensie en -ekspo (AAT) in Pretoria gesê 'n appélaansoek teen die regulasies lê steeds by me. Thoko Didza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Daar  was nog geen terugvoer nie. “Ons is nou agt jaar agter met mededinging op ’n innovasievlak.” 

Organisasies binne die plaaslike landboubedryf, wat Agbiz, Sansor en CropLife SA insluit, het al in November 2021 appèl ingevolge GM-wetgewing teen die departement se besluit aangeteken. Hulle glo dit gaan rampspoedige gevolge vir landbou-ondernemings, navorsers en boere inhou. “Ons maak innovasie dood, want niemand wil aan die tegnologie raak nie omdat jy nie ’n produk op die mark kan sit nie,” het Groenewald gesê. 

Dit kos miljarde rande om aan die GMO-regulasies te voldoen en net multinasionale maatskappye kan dit bekostig om deur die omvangryke en duur ontwikkelings- en reguleringsprosesse te gaan. Dit is net lewensvatbaar vir kommoditeite soos mielies, katoen en sojabone. Enige produkte wat deur nuwe teeltegnieke soos genoomredigering ontwikkel word, word deur die GMO-raad as GMO’s gebrandmerk, selfs al is dit soortgelyk aan natuurlike produkte en ongeag die mate van risiko wat dit inhou. 

GMO ’n vloekwoord

Prof. Johan Burger van die departement genetika aan die Universiteit Stellenbosch, sê uit ’n wetenskaplike oogpunt is dit uiters frustrerend. “As jy aansoek doen om finansiering, word dit net gesien as GMO’s wat in sommige mense se koppe ’n vloekwoord is.” 

Hy het gesê daar is ’n groot verskil tussen die eerste generasie genetiese modifisering en moderne genoomredigering. Met genoomredigering word nie DNS van buite ingebring nie en in die meeste gevalle sal dit byna onmoontlik wees om te bepaal of genetiese veranderinge deur konvensionele teling, natuurlike mutasies of deur ’n nuwe teeltegniek geskep is. 

Burger het gesê GM-tegnologie is die enkel mees aanvaarde tegnologie in die moderne landbou. “In die afgelope  22 jaar van kommersiële GM-voedselproduksie  het die area onder GM gewasse met meer as 11 000% gestyg. Geen ander tegnologie kon dit nog regkry nie, ongeag ongunstige menings daaroor. 

“Daar is ook geen manier hoe ons sonder hierdie tegnologie die 70% meer voedsel sal kan produseer wat die wêreld teen 2050 gaan nodig hê nie. Suid-Afrika self is die negende grootste kommersiële produsent van GM gewasse ter die wêreld. Sowat 85% van Suid-Afrika se mielies, 95% van sy sojabone en 100% van sy katoen is GM gewasse.” 

Van die voedselverbetering wat al deur genoomredigering bereik is, sluit in mielies met droogteverdraagsaamheid, ’n 31%-opbrengsverhoging by rys, smaakliker tamaties, en sampioene en appels wat nie verkleur nie. 

AAT
Dr Albert Strever, senior lektor en koördineerder van agri-innovasie en entrepeneurskap by die Universiteit van Stellenbosch, mnr. Loffie Brand, verteenwoordiger van Absa Agribesigheid en prof André Jooste van die departement van landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch. Foto: Nico van Burick

In ’n paneelgesprek oor veerkragtigheid in tye van teëspoed het prof. André Jooste van die departement van landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch gesê die wêreld se bevolking gaan oor die volgende 30 jaar met 2 miljard mense toeneem tot 9,7 miljard. In Afrika suid van die Sahara gaan die bevolking teen 2050 verdubbel en daarby versnel verstedeliking. 

Hy sê in reële terme is voedselpryse wêreldwyd nou die hoogste sedert 1961. “Die groot vraag is hoe om die situasie te beredder. Daar is ’n persepsie dat wins geskep word binne die waardeketing, maar produsente gaan gebuk onder ’n kosteknyptang wat winsgewendheid bedreig. Daar moet besin word hoe tegnologie aangewend kan word om te verseker dat produsente winsgewend bly en voedselsekerheid moontlik is.” 

Bestuursvaardighede en leierskap

Dr. Albert Strever, senior lektor en koördineerder van landbou-innovasie en entrepeneurskap aan die Universiteit Stellenbosch, het gesê hoewel tegnologie ’n belangrike rol in die toekoms van die landbou speel, bly ander vaardighede soos bestuursvaardighede en leierskap net so belangrik en dit moet nie agterweë bly nie.

“Die antwoorde lê nie net in wetenskap nie, maar ook in ander dissiplines soos bestuurs- en ekonomiese vaardighede. Studente is deesdae baie oop vir nuwe idees en gemaklik met ontwikkelinge soos kunsmatige intelligensie en ChatGTP.  Dit is bemoedigend, maar daar is wel kommer oor hul basiese vaardighede en kennis van die bedryf.”

Mnr. Loffie Brand, verteenwoordiger van Absa Agribesigheid, het gesê die benutting van data en tegnologie gaan finansiële instellings in die toekoms help om beter finansiële produkte te ontwikkel. Die benutting van tegnologie raak toenemend belangrik om volhoubaarheid te meet.

“Tegnologie maak dit moontlik om te kan meet en as jy kan meet, dan kan jy areas vir verbetering identifiseer en jou produksie verhoog. ’n Boer wat nie die pad van tegnologie stap nie, gaan onder druk kom en langs die pad uitval.”

Hy het gesê dit is nie maklik om bankstelsels te verander nie. Dit is ’n streng regulatoriese omgewing, maar daar moet gestrewe word daarna om toegang tot finansiering vir kliënte te vergemaklik en te versnel. “Tegnologie sal hier ’n belangrike rol speel om prosesse te versnel. As ’n produsent die voordeel van afslag op kunsmis in Mei kan geniet al benut hy dit eers in November, moet ons hom kan help om dit reg te kry.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot