Die kraal druk die beeste op só ’n manier na die uitgang dat hulle minder stres ervaar as in ’n tradisionele vangkraal met ’n tregtervormige uitgang.
Mnr. Greg Talbot, uitvoerende hoof van Tal-Tec, het gaan kers opgesteek by die Amerikaanse dierewetenskaplike prof. Temple Grandin, wat haar persoonlike kennis van outisme op dieregedrag begin toepas het.
“Sy sê diere hou altyd daarvan om na ’n plek van kalmte of gemak terug te keer. As jy hulle uit die vangkraal begin uitjaag, sal hulle natuurlikerwys in die rondte begin beweeg rondom die plek waar hulle veilig gevoel het.”