Met dié sterk lig kan ’n boer bedreigings op ’n taamlike afstand identifiseer en enige vermeende betreder op ’n plaas tydelik met die sterk ligstraal verblind. Met sy uitstekende kenmerke is die X300U-A gewild in die wetstoepassings- en militêre bedryf.
Dit het ’n presisie-TIR-lens, en die sterk ligstraal deur die lens, tesame met ’n groter middelpunt, maak dit ’n doeltreffende kombinasie vir situasies op naby tot medium afstand. Danksy die X300U-A se Rail-Lock®-stelsel kan dit vinnig aan ’n wapen gekoppel of weer ontkoppel word.
Dit is toegerus met regter- én linkerhand-aanskakeling en kan met een vinger beheer word. Die lig is in ’n omhulsel van robuuste aluminium van lugvaartbedryfstandaard.