Naas grond is boere se groot toekomsbate data. Presies hoe dit aangewend kan word, sal nog duidelik word, maar begin vandag nog met ’n korttermynplan.
Ek kry soms die geleentheid om boere oor landboutegnologie toe te spreek. Dit is ’n paradoksale taak omdat dit terselfdertyd baie maklik en baie moeilik is.
Dit is maklik omdat ’n mens baie nuwighede as die toekoms kan voorhou – van hommeltuie waarmee jy jou lande kan nagaan tot satellietbeelde waarmee jy jou opbrengs kan skat. Dan het jy nog nie eens begin om oor elektriese of outonome trekkers en robotte te praat nie.