Die maatbeker wat droëmateriaal ontleed, word deur KrielTech in Suid-Afrika bemark. Die produk word in Amerika deur Cargill en ander voer- en voedselmaatskappye bemark.
Aanvanklik word dit met kalibrasie vir die meet van droëmateriaal in voer verkoop, maar meer kalibrasies word in die vooruitsig gestel, sê mnr. Gerhard Kriel van KrielTech. Die SCIO Cup sal ook binnekort Brix-ontleding by verskillende bessiesoorte lewer.
Hy sê die droëmateriaal in veevoer word gewoonlik gemeet deur monsters in ’n mikrogolfoond of ’n Koster-toetser te droog. Dit verg ’n aantal stappe en ’n tydsverloop voordat bepaal kan word of die voer gereed is om gesny te word. Daarteenoor kan die SCIO Cup dadelik ’n resultaat gee.